Geskiedenis





NED GEREF KERK LANGEBAAN

'N RYK GESKIEDENIS
   'N NASIONALE MONUMENT



Buiten vir die feit dat elke kerk 'n monument is vir God, is ons ou klein kerkie ook 'n nasionale monument met nog 'n tweede monument daar binne, naamlik die oudste kansel in die land.

Die koperplaat by die voordeur gee vir ons iets oor die oorsprong van ons ou kerk.
Dit lui soos volg: Hierdie "Zeer eenvoudige maar lief bedehuis" is in 1872 deur 'n lid van die gemeente. die heer Willem van der Byl aan die gemeente geskenk. Die kerkie is in 1881 voltooi.



Die koperplaat op die kansel vertel ons iets van sy bewoë geskiedenis en die inskripsie is die volgende:  Hierdie preekstoel is deur Adam Albertyn in 1721 vir die gemeente Stellenbosch gemaak, waar dit vir 130 jaar in gebruik was.


ADAM ALBERTYN BIOGRAFIE EN HUWELIKS REGISTER


KOSTE VAN PREEKSTOEL IN 1721



DIE HUWELIKS REGISTER




In 1853 is dit aan die gemeente Zoutrivier (tans Hopefield) van waar dit in 1878 na hierdie kerkgebou in Langebaan oorgeplaas is.





In die begin van die tagtigerjare is die kerk en die kansel met alles wat op daardie tydstip deel van die kerk uitgemaak het tot nasionale monument verklaar.


Die preekstoel

Die preekstoel,  met panele van geelhout' is steeds in 'n goeie toestand.  As in aanmerking geneem word dat dit 69 jaar na die volksplanting aan die Kaap gebou is, is dit merkwaardig, veral ook omdat dit twee togte per ossewa "oorleef" het - eers na Hopefield en toe na Langebaan.

Die kerkie se banke is van greinhout en die olielampe is ook vanaf Zoutrivier oorgeplaas. 


Die olielampe


Die greinhout kerkbanke

Die lampe is sederdien aangepas om met elektrisiteit te werk.  Twee van die lampe is in hulle oorspronklike vorm gerestoureer en kan met olie brand.

Toe daar besluit is om die nuwe kerk te bou is gelyktydig besluit om die ou kerk op te knap en 'n vergadering is gehou op 26 Februarie 1991 saam met die argitek van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede om seker te maak dat die ou kerk as monument  in sy ou vorm behoue bly.

EEN VAN DIE VELE SKRYWES VAN WILLEM VAN WYK 
OOR DIE BEWARING VAN DIE KLEINKERKIE



DIE LINDNETTE BASSON GEDIG VAN 1991 OOR DIE KLEIN KERKIE

DIE LUIKLOK


Ook die luiklok van die ou kerk het sy eie geskiedenis en die ou luiklok is deel van die nasionale monument.  In 1986 het ds. De Kock besluit dat die luiklok sonder stem, die klok het naamlik 'n groot bars in gehad, herstel en gebruik moet word. Nadat advies ingewin is, is besluit om die luiklok nie te herstel nie, maar om 'n nuwe klok te laat giet.  Aangesien die Skeepswerf in Simonstad dit kan doen en bowendien die patroon vir so 'n klok gehad het is besluit om Adm. James Sleigh, 'n gebore Langebaner, te vra om te help.
Adm. Sleigh het toe toestemming verkry om dit deur die Skeepswerf in Simonstad te laat giet.
Die klok is gegiet en deur donateurs waaronder Adm. Sleigh en lidmate van ons gemeente betaal.  Mnr Chris Koch het daarna 'n nuwe luiklokstoel gebou volgens oud Nederlandse ontwerp.
Die ou luiklok is deur 'n lidmaat van ons gemeente skoongemaak en daar is ontdek dat dit moontlik 'n plaaslik vervaardigde luiklok is waarop die Van der Byl familiewapen pryk.


Van der Byl Familiewapen

DIE BRANDKAS

In 1989 kry die ou kerkie vir die eerste keer 'n brandkas.  Die mooi ou brandkas word geskenk deur Mnr Huisamen nadat hy sy besigheid in Vredenburg verkoop het.
Die brandkas is op 10 April 1990 gesteel.  Gelukkig was dit byna leeg wat geld betref, maar jammer genoeg het die ou kollektebordtjies met ou doilies wat in 1931 deur tannie Miempie Steyn, een van ons oudste lidmate gemaak is, spoorloos verdwyn.

DIE PASTORIE

In 1922 neem die Kerkraad (gem Hopefield) die loflike besluit om vir sy leraar 'n strandhuis te Langebaan te bou.  'n Stewige kliphuis is opgerig teen die koste van 580 pond.  Later is ook die buitegeboue opgerig.  Vir meubels is in die gemeente gekollekteer en wat kortgekom het, moes uit die kerkkas betaal word.  Aan die begin is 'n deel van die huis deur die skool gebruik, omdat die skool ondoeltreffend geword het.  Aan die einde van 1924 kon die leraar egter die hele huis tot sy beskikking neem.  In latere jare het die onderwyser van Langebaan dit bewoon met die voorbehoud dat die leraar dit vir vakansies tot sy beskikking sou hê.


DIE KANSEL BYBEL






DIE KANSEL KLEED


DIE KANSELKLEED 
Letters op die kanselkleed uitgewerk met kraletjies
DIE KENNISGEWINGBORD


DIE NAGMAAL SKINKBORDE

DIE NAGMAAL GLASIES


KOLLEKTE BORDE



KULTUUR HISTORIESE NG KERK, LANGEBAAN